En so is dit koebaai, 60000km later, aan pragtige Namibia....Ons sal jou mis mooie land, en hier is ietsie van jou- aan jou, van ons!
Saturday, 6 July 2013
Wednesday, 3 July 2013
Dinsdag, 2 julie
Vandag het ook rustig begin, aangesien H 9h 'n afspraak het en ons toe gery het na Kolmanskop, die "spookdorp"- net10km buite Luderitz. Christian het saam met Mark die begeleide toer gedoen terwyl ons res oop ons eie tussen die sandgevulde en sandverwaaide huise gestap het- mens kan ure hier fotos neem, want die lig werk so lekker vanuit die ou geroeste vensters na die sand en duine buite- al die lig en skaduwees! Die geskiedenis van hierdie ou plekkie wat verrys en gesterf het aan die begin vd 1900's, is vreeslik interessant. Als net oor die gedelf na die pragtige blink klippies wat elke getroude vrou aan haar vinger wil hê! Hiervandaan het h ons kom optel met die kar en ons het weer aangestoot grens toe, want wou graag voor sononder by ons slaapplek net anderkant d grens, teen die Oranjerivier in SA,aankom. Egter eers sononder by die grens gekom en moes toe eers in en uit die 2 lande! Die laaste stuk pad in Namibia was absoluut pragtig- mens ry vanaf Rosh Pinah al langs die rivier tussen die berge af, dus in 'n tipe canyon met die hoë kranse om mens- wens net mens kon als nog vir oulaas in"drink", want voor ons ons kon kry was d son onder en ons bd grens. Kon ongelukkig nie die uitsig sien van ons slaapplek vanaand nie, maar dis weer sulke tented-huisies amper soos by Sossusvlei. Almal het maar gou gaan slaap, want more se terugry huis toe wag, en nou verlang ons sommer baie na almal en die diere-kinders daar bd huis! So totsiens Namibia, sien jou hopelik gou weer, jy was 'n belewenis duisend!!!
| Kolmanskop |
| Die 2 dames vanuit 'n ou huis met die gimnasium id agtergrond |
| Langs die rivier, amper bd grens |
Maandag, 1 Julie
Vandag was 'n tipiese grondpad-heelpad rit hier in Namibia- ons het rustig opgestaan en gepak, en toe Luderitz toe begin ry. Ons het heel goed gevorder en toe ongelukkig net voor Helmeringhauzen 'n pap band van pa Chris hul moes regmaak, maar verder was die pad mooi en rustig. Heerlik gerus, band reggemaak en geeet op hierdie kleine plekkie- dis eintlik net 'n plaas met 'n petrolpomp en hotel, maar baie vriendelike mense! ons bakkie se band toe ook pap toe ons wou ry, gelukkig kon ons dit toe daar sommer ruil en regmaak. Dus het ons later as wat ons graag wou in Luderitz aangekom, maar darem nog oppad soontoe , verby Aus, 'n hele klomp vd wilde perde gesien! Teen sononder by die hotel op Luderitz gekom, wat 'n mooie hawedorp is dit tog ook nie! Die hotel is op die see gebou, en die kinders was uit hulle nate om in 'n "regte hotel" te kon slaap! Maar oppad kamer toe, ewe met die portier wat so mens se tasse op 'n waentjie laai, sê Christian kliphard: hierdie is nie hotel nie, dis 'n hospitaal!..herhinner hom toe glo aan die Medi-Clinic...eintlik skerp want dis mos maar wat M-C probeer doen...om mense te laat voel hul is in 'n hotel en op vakansie dat hul gouer kan gesond word! Elkgeval, h se afspraak is toe uitgestel na more oggend, want ons was te laat, so more sal ons dan na Kolmanskop gaan terwyl hy werk. Maar eers wag 'n heerlik nag se slaap met die see wat spoel hier oor die rotse onder ons kamervenster...te heerlik!
| By Helmeringhauzen |
| Nog 'n mooie wilde perdjie |
| Jani wou nog slaap met daai heerlike geluid vd see op die rotse- vlgde oggend-uitsig uit die kamer |
Subscribe to:
Comments (Atom)