En so is dit koebaai, 60000km later, aan pragtige Namibia....Ons sal jou mis mooie land, en hier is ietsie van jou- aan jou, van ons!
Namibia roadtrip 2013
Saturday, 6 July 2013
Wednesday, 3 July 2013
Dinsdag, 2 julie
Vandag het ook rustig begin, aangesien H 9h 'n afspraak het en ons toe gery het na Kolmanskop, die "spookdorp"- net10km buite Luderitz. Christian het saam met Mark die begeleide toer gedoen terwyl ons res oop ons eie tussen die sandgevulde en sandverwaaide huise gestap het- mens kan ure hier fotos neem, want die lig werk so lekker vanuit die ou geroeste vensters na die sand en duine buite- al die lig en skaduwees! Die geskiedenis van hierdie ou plekkie wat verrys en gesterf het aan die begin vd 1900's, is vreeslik interessant. Als net oor die gedelf na die pragtige blink klippies wat elke getroude vrou aan haar vinger wil hê! Hiervandaan het h ons kom optel met die kar en ons het weer aangestoot grens toe, want wou graag voor sononder by ons slaapplek net anderkant d grens, teen die Oranjerivier in SA,aankom. Egter eers sononder by die grens gekom en moes toe eers in en uit die 2 lande! Die laaste stuk pad in Namibia was absoluut pragtig- mens ry vanaf Rosh Pinah al langs die rivier tussen die berge af, dus in 'n tipe canyon met die hoë kranse om mens- wens net mens kon als nog vir oulaas in"drink", want voor ons ons kon kry was d son onder en ons bd grens. Kon ongelukkig nie die uitsig sien van ons slaapplek vanaand nie, maar dis weer sulke tented-huisies amper soos by Sossusvlei. Almal het maar gou gaan slaap, want more se terugry huis toe wag, en nou verlang ons sommer baie na almal en die diere-kinders daar bd huis! So totsiens Namibia, sien jou hopelik gou weer, jy was 'n belewenis duisend!!!
| Kolmanskop |
| Die 2 dames vanuit 'n ou huis met die gimnasium id agtergrond |
| Langs die rivier, amper bd grens |
Maandag, 1 Julie
Vandag was 'n tipiese grondpad-heelpad rit hier in Namibia- ons het rustig opgestaan en gepak, en toe Luderitz toe begin ry. Ons het heel goed gevorder en toe ongelukkig net voor Helmeringhauzen 'n pap band van pa Chris hul moes regmaak, maar verder was die pad mooi en rustig. Heerlik gerus, band reggemaak en geeet op hierdie kleine plekkie- dis eintlik net 'n plaas met 'n petrolpomp en hotel, maar baie vriendelike mense! ons bakkie se band toe ook pap toe ons wou ry, gelukkig kon ons dit toe daar sommer ruil en regmaak. Dus het ons later as wat ons graag wou in Luderitz aangekom, maar darem nog oppad soontoe , verby Aus, 'n hele klomp vd wilde perde gesien! Teen sononder by die hotel op Luderitz gekom, wat 'n mooie hawedorp is dit tog ook nie! Die hotel is op die see gebou, en die kinders was uit hulle nate om in 'n "regte hotel" te kon slaap! Maar oppad kamer toe, ewe met die portier wat so mens se tasse op 'n waentjie laai, sê Christian kliphard: hierdie is nie hotel nie, dis 'n hospitaal!..herhinner hom toe glo aan die Medi-Clinic...eintlik skerp want dis mos maar wat M-C probeer doen...om mense te laat voel hul is in 'n hotel en op vakansie dat hul gouer kan gesond word! Elkgeval, h se afspraak is toe uitgestel na more oggend, want ons was te laat, so more sal ons dan na Kolmanskop gaan terwyl hy werk. Maar eers wag 'n heerlik nag se slaap met die see wat spoel hier oor die rotse onder ons kamervenster...te heerlik!
| By Helmeringhauzen |
| Nog 'n mooie wilde perdjie |
| Jani wou nog slaap met daai heerlike geluid vd see op die rotse- vlgde oggend-uitsig uit die kamer |
Sunday, 30 June 2013
Sondag 30 Junie
Vandag, so op die laaste dag van Junie, is ons al voor
sonsopkoms uit die vere- wat 'n pragtige opkoms was dit nie-
net soos mens verwag het(sien foto). vroeg gery om een van die
hoogste duine hier in Sossusvlei te klim, aangesien ons alreeds
13 jaar terug die ene by die vlei self geklim het, het ons
oppad soontoe die "Big Daddy"- een vd hoogste 3, te klim. Oppad
eers 'n groepfoto bd uitkykpunt te neem, en ook 'n foto by die
bakkie omdat die klok op daai plek na 100 000 km oorgeslaan
het! By die duin gekom, was daar reeds mense se tekkies en
skoene wat aan die onderpunt gelê het, en toe ons almal skoene
uit het is ons hom duin-op..ai, kon ek maar sê ek was tot bo,
maar nee, net H en C,J en Rachel het genoeg energie gehad! Mark
het saam met klein Zoey tot so halfpad gekom, en ek is toe maar
liewers af...dalk het my hoogtevrees meer iets daarmee te doene
gehad as moegheid, want mense, dis 'n hoë duin daai! Lyk dalk
nie so op die fotos nie, maar weereens is mens se oog maar net
die heel beste kamera, fotos doen nie hierdie asemrowende mooi
duine en landskap gestand nie, mens moet dit SIEN en beleef! En
als is so stil so stil...en blyk baar was die top vd duin nie
die top soos op d foto nie, H sê hul het op n stadium effe af
en weer op na 'n 2de top geklim. Baie groepe mense het intussen
daar aangekom en ook beginne opklouter- bly ons was nie hulle
nie, want toe ons af en klaar was, was dit 11h30 met die son
wat waaaaarm brand! Toe is almal Sossusvlei se vlei toe, ook 'n
bekende besienswaardigheid met die mooi droeë vlei so onder d
duin in winter en met water id reentyd. Om daar te kom kan jy
net tot op 'n punt met gewone kar en dan is dit dik-dik sand
vir 5km, dus net 4x4 karre se "territory" - dus het pa Chris
ons in 2 sarsies met syne heen en weer gevat. So ons kon die
R100!!!per persoon fooi vryspring wat die 4x4 trokke en karre
van die resorts en lodges jou vra. Middagete gou 'n pap-
wordende band(spyker in) hier bd vulstasie laat regmaak-hulle
is baie flink daarmee hier, want doen dit elke dag vir 'n hele
paar karre! Toe bietjie gerus en weer laat waai Sesriem toe,
net so 5 min se ry, dis nou die canyon hier met pragtige grotte
en gate so diep onder die aarde..in somertyd weereens vol water
maar nou lekker droog sodat mens daarin kan afstap en die
bietjie stilstaande water gaan soek. Die kinders sal nog langer
hier wou bly, want dis heerlike klouter-plekke en lekker koel
so in die aarde se maag(en jy kan eggo's maak!) maar ons
grootmense wou vir die laaste sonsak weer terug bd tente wees.
Met aandete weer gems-en springbokke bd watergat wat belig word
gesien...nogal gelag vroeër, want die oorsese toeriste stap al
heel laatmiddag terwyl d son sak na die watergat toe en dan
jaag hul al die bokkies weg, so asof hul nie verstaan waar die
pragtige ou "mak bokkies" nou heen weghardloop nie...;-) Nogals
gedink mens moet dalk 'n luidspreker met leeu-gebrul laat speel
elke keer as hul daar naby kom...hie-hie! Met lekker moeë bene,
en weereens harte vol dankbaarheid, tot more wat ons die pad
Luderitz toe vat!

| Sonsopkoms |
| 100 000km! |
| Ons almal |
| Hier kom ons, Big daddy! |
| Opwaarts, mars.. |
| Hulle is oppad af! |
| Klaar! |
| Onder in Sesriem canyon |
| Superman?! |
| Bo-punt waar mens afstap in die canyon |
Saturday, 29 June 2013
Saterdag, 29 Junie
Vanoggend was nogals 'n erge gepakkery, aangesien mens al jou ding uitgepak het vir die heerlike 5 dae hier in Swakopmund, wat nou helaas op 'n einde is...koebaai gewaai vir al die mooi plekkies en kleurryke geboue hier, met Chr wat sommer Desember weer wil kom! En om als te kroon is dit vandag ma en pa se 39ste huweliks herdenking-veels geluk aan hulle! Om te dink hul is 39 jaar HIER, op Swakopmund by die Lutherse Kerkie getroud, hoe amazing! Die pad waaroor ons gewaarsku is voor Solataire was toe nie so erg nie, net so 10km se sinkplaat. Ons het gestop op die mooi Kuseb-pas vir middagete... lekker broodjies en koffie uit die fles en toe d pad Sossusvlei verder aangepak. Wat 'n stowwerige(heelpad grond) storie, want al wat 'n SA'ner is kom van voor af aangery met hul karre met tente oppie dak of sleepwa agterna, almal op vakansie! maar dis sooo 'n mooi pad met die landskap wat heeltyd verander en sprokiesmooi is! Ook weer van daai Kaokoveld klippe-gestapelde-berge gekry waar Chr en J by opgeklouter het! Aangekom(sonder enige pap bande by ons en die res!) so voor 3h by Sossusvlei Lodge, heerlik uitgespan in ons oulike "tented-house" voor h 4h moes werk. Ons het maar net sit en tuur oor die vlaktes en pragtige landskap hier, reg uit jou bed...en ook die mooiste mooi sonsondergang gehad-sien foto. Sossusvlei is verseker nie verniet bekende vir die plek met die mooiste sonsondergange id wêreld nie! Toe h klaar is was dit etenstyd met 'n buffet ete soos min-fantasties, met springbokke en gemsbokke wat wei hier voor jou onder die doringbome! Nogals ironies om te dink ons het juis toe 'n stukkie gemsbok(Jani het) gehad om te eet..ook vlakvark(H), zebra(ek) en eland(Chr)...almal heel interessant-ons het so by mekaar geproe... maar ek dink die vlakvarkie was die lekkerste! Lekker slaap gaan ons nou, more is 'n vol dag wat wag!
| Mooie anderste landskap, sommer so id ry afgeneem |
| Klippies-berg! |
| Ai, maar dis mooi hier |
| ...en nog mooier |
| ..pad tussen die huisies |
| ...en die MOOISTE sonsondergang! |
Vrydag 28 Junie
Vandag was so 'n tipiese swakopmund-vakansie dag! Ja, in ons boekies beteken dit VISVANG! en so het ons dag dan ook begin- eers na Walvisbaai se kant met laagwater gery, klipvis gevang...(ja okay dit was toe hengel..) en oor middagete teruggegaan huis toe. Lekker laaaang visvang-sessie Hentiesbaai se kant toe(Myl 14) saam met 'n ou vriend van pa Chris, 'n local- oom Dirk, en sy seun is saam. Soos dit met die local Swakopmunders hier gaan, WEET almal van visvang en presies waar die regte "gate" is soos hul sê! Inderdaad het ons so 'n "gat" gevind en tussen die 4 mans het hul 20! ja 20 kolsterte en galjoene uitgetrek! Dis pragtig om so te sit en die kids te sien speel, as is dit koud en mistig hier by die kus, speel hul hullself flou en vooooool sand en voel nie eers die koue nie! Die see hier is baie soos die weskus waaraan ons gewoond is in SA, lekker rof en ongetem... elke keer verstom ek my oor die baie skulpe en mooi klippe. Die aand natuurlik 'n galjoen en kolstert gebraai oor die kole- my keuse is die kolstert want dit proe baie soos snoek(njammies!) terwyl die galjoen weer 'n rubberige tekstuur en smaak soos kreef het. Vroeg gaan slaap om lekker te rus voor more se vroeg opstaan, pak en ry Sossusvlei toe!
Friday, 28 June 2013
Don 27 junie
Vanoggend is ons almal voor henry se laaste afspraak in Swakopmund, na die bekende Cafe Treff vir koffie en ontbyt broodjies. Dis so 'n klassieke duitse Swakopmund plekkie waar al die local duitsers kom ontbyt eet en elke keer nog as ons in Swakop was het ons hier kom draai...dus soos 'n instelling vd Kotzé's! Lekker foto's daar geneem en mens verlang sommer klaar weer "wanneer ons eendag weer gaan kom.."Terwyl h toe werk, het ons saam met Anita en Mark en kids na die ligtoring gestap en tussen die palmbome. Toe die kids laat speel daar by die strandfront op so 'n lekker outydse rondomtalie- Henry hul het self as kids daarop gespeel...en toe laat weet h hy is klaar en kry ons almal daar. Middagete bd huis gehad en toe na 'n kort middagslapie is almal in die bakkie- kids en Mark agterin, na die kameelrit plaas net buite Swakop. Die tannie daar het 'n plot en 'n kameelrit besigheid al vir die afgelop 28 jaar, baie gawe duitse vrou. Sy het egter nou kompetisie want tussen Sw en Walvisbaai het nog 'n kameelrit plek oopgemaak- maar ons het gister hul pryse vd kids om te ry gaan uitvind- baaaaie duurder as die een waar ons toe vandag is. Mens ondersteun haar ook graag, sy kyk baie mooi na die kamele en die kinders het soos verwag die rit ontsetttend baie geniet- gate uit! Te pragtig sit die tannie vir hul elkeen 'n tulband op en die ou melies het ook sulke fraaie,swierige bekleedsels aan! Maar terug bd huis is 'n bosluis deur ouma op Zoey gewaar(seker van kameel se kind op haar afgeklim), en toe is al die kids sommer bad toe gestuur en deursoek vir bos die luis en sy maters! Jani kla ook lekker van "seer beentjies"...dis natuurlik vd duine klim gister!Tot more dan, met Henry more op sy af-dag....vir 'n lekker visvang ekspedisie Hentiesbaai se kant toe!
Subscribe to:
Comments (Atom)