Sunday, 30 June 2013

Sondag 30 Junie

Vandag, so op die laaste dag van Junie, is ons al voor

sonsopkoms uit die vere- wat 'n pragtige opkoms was dit nie-

net soos mens verwag het(sien foto). vroeg gery om een van die

hoogste duine hier in Sossusvlei te klim, aangesien ons alreeds

13 jaar terug die ene by die vlei self geklim het, het ons

oppad soontoe die "Big Daddy"- een vd hoogste 3, te klim. Oppad

eers 'n groepfoto bd uitkykpunt te neem, en ook 'n foto by die

bakkie omdat die klok op daai plek na 100 000 km oorgeslaan

het! By die duin gekom, was daar reeds mense se tekkies en

skoene wat aan die onderpunt gelê het, en toe ons almal skoene

uit het is ons hom duin-op..ai, kon ek maar sê ek was tot bo,

maar nee, net H en C,J en Rachel het genoeg energie gehad! Mark

het saam met klein Zoey tot so halfpad gekom, en ek is toe maar

liewers af...dalk het my hoogtevrees meer iets daarmee te doene

gehad as moegheid, want mense, dis 'n hoë duin daai! Lyk dalk

nie so op die fotos nie, maar weereens is mens se oog maar net

die heel beste kamera, fotos doen nie hierdie asemrowende mooi

duine en landskap gestand nie, mens moet dit SIEN en beleef! En

als is so stil so stil...en blyk baar was die top vd duin nie

die top soos op d foto nie, H sê hul het op n stadium effe af

en weer op na 'n 2de top geklim. Baie groepe mense het intussen

daar aangekom en ook beginne opklouter- bly ons was nie hulle

nie, want toe ons af en klaar was, was dit 11h30 met die son

wat waaaaarm brand! Toe is almal Sossusvlei se vlei toe, ook 'n

bekende besienswaardigheid met die mooi droeë vlei so onder d

duin in winter en met water id reentyd. Om daar te kom kan jy

net tot op 'n punt met gewone kar en dan is dit dik-dik sand

vir 5km, dus net 4x4 karre se "territory" - dus het pa Chris

ons in 2 sarsies met syne heen en weer gevat. So ons kon die

R100!!!per persoon fooi vryspring wat die 4x4 trokke en karre

van die resorts en lodges jou vra. Middagete gou 'n pap-

wordende band(spyker in) hier bd vulstasie laat regmaak-hulle

is baie flink daarmee hier, want doen dit elke dag vir 'n hele

paar karre! Toe bietjie gerus en weer laat waai Sesriem toe,

net so 5 min se ry, dis nou die canyon hier met pragtige grotte

en gate so diep onder die aarde..in somertyd weereens vol water

maar nou lekker droog sodat mens daarin kan afstap en die

bietjie stilstaande water gaan soek. Die kinders sal nog langer

hier wou bly, want dis heerlike klouter-plekke en lekker koel

so in die aarde se maag(en jy kan eggo's maak!) maar ons

grootmense wou vir die laaste sonsak weer terug bd tente wees.

Met aandete weer gems-en springbokke bd watergat wat belig word

gesien...nogal gelag vroeër, want die oorsese toeriste stap al

heel laatmiddag terwyl d son sak na die watergat toe en dan

jaag hul al die bokkies weg, so asof hul nie verstaan waar die

pragtige ou "mak bokkies" nou heen weghardloop nie...;-) Nogals

gedink mens moet dalk 'n luidspreker met leeu-gebrul laat speel

elke keer as hul daar naby kom...hie-hie! Met lekker moeë bene,

en weereens harte vol dankbaarheid, tot more wat ons die pad

Luderitz toe vat!
Sonsopkoms
100 000km!
Ons almal
Hier kom ons, Big daddy!
Opwaarts, mars..
Hulle is oppad af!
Klaar!
Onder in Sesriem canyon
Superman?!
Bo-punt waar mens afstap in die canyon

No comments:

Post a Comment