Vandag was weer een van daai "beste dag"- dae in die kinders se lewe! Nadat Henry werk toe is vroegdag om hom eers weer vanaand laat te sien, Mark wat bd gastehuis bly om te werk, is die res van ons na 'n plaas 15 km buite Windhoek om die kids te laat perdry! Wat 'n pragtige plaas was dit nie, met die mooiste klip-koppies en doringbome, ook dan met 'n volle perdry-skool opset met ritte vd publiek op afspraak. Eers het ons bietjie piekniek gehou met koffie uit d fles en broodjies, en toe is die 4 kids nader geroep vir hul uur-lange perdrit, wat op die einde presies soos'n propperse perdry les was! Te oulik hoe die vrou, Su, sy is van Engeland, hulle probeer leer id kort tydjie om regte-egte perderuiter te wees. Van "Sit up straight Christian, you are not a banana with that hanging shoulders of yours!" tot "Kick your horse with firm heels, Jani!" en ook "Put your bum in the saddle Rachel!" was sy baie oulik en soos 'n regte perde-juffrou! Nou wil al die kids natuuuurlik net perdry lesse neem as hul terug is..sjame! Sy het hul ook so oulik voorgestel aan d perd waarop hul gery het, naam gesê en elkeen gewys hoe om op te klim ens. en na die tyd wou elkeen omtrent nie totsiens sê vir d perde nie-wys jou hoe vinnig hul 'n band vorm md diere, te pragtig! Ek was lekker moeg(moet ek bieg) na die tyd want het ook d hele uur-lange rit saam gestap om d fotos en video clips te neem, gelukkig my tekkies aangehad! Daarna het ons na 'n craft market hier in Windhoek gegaan met die mooiste local crafts-van tipiese afrika-curious houtgoed tot lappe en juweliersware, maar baie van dit was anders as die gewone afrika goedjies. Vanmiddag weer net rustig hier by Vondelhof en sal vanaand weer pak om vroeg oggend die pad te vat. Ons ry dan noord na Okandjima, dis 'n lodge waar hul luiperde en leeus rehabiliteer en Henry die aand opleiding bd restaurant daar gee.
 |
| Regmaak vir die perdry! | | |
|
 |
| "Say, hello Nomad!" |
|
|
 |
| Die vier ruiters |
|
 |
| Aanstap, rooies, die pad is lank en (nie!) swaar.. |
|
.JPG) |
| Twee "ladies of leisure" by Vondelhof, Windhoek |
|
No comments:
Post a Comment