Monday, 17 June 2013

Maandag, 17 Junie

Vandag was n rustige,  mooi dag hier in Windhoek- ons almal het lekker laterig geslaap en na ontbyt saam na een vd winkelsentrums toe gery om paar goedjies te gaan koop. Sommer ook bietjie "sight seeing" gedoen en oa die meteoriete wat in1831 geval het vd kinders te wys. Lekker middagete gehad by Woermann&Brock- egte lekkerste duitse "brutchen" (continental rolls) met dinge daarop! Toe gou saam met Henry na die hoofkantoor-plek waarvandaan al die Morgenster produkte verkry en versend moet word sodat hy als kan reel vir sy groot werksdag more saam met die mense daar. Henry het vanmid gewerk op d laptop en ons almal lekker gedut en gelees ens. ens...Jani so bietjie verkouerig en koorsig so sy kry nou vitamien-boosters en ook rustig gehou. Vanaand gaan ons en Mark&Anita na Jo's Steakhouse terwyl ouma en oupa d 4 kleintjies id bed sit..lekker bederf! Al is dit nie hier n vakansiedag nie, vier ons dit dan sommer saam met almal in SA so rustig soos dit hier gaan!
Middagete by W&B

R, Anita, Mark, Inge, Chris, Zoey, Christian, rachel en Jani bd meteoriete by Wernhill Park mall


No comments:

Post a Comment