Sunday, 16 June 2013

Sondag, 16 junie

Vandag was n vol dag, met 'n laaste laaaaaang rit vir 'n tyd, al die 760km van Ai-Ais tot op Windhoek. Ons het lekker rustig opgestaan en 'n oggendswem in die warm baddens gehad, en toe lekker buffet ontbyt gaan eet almal saam- een van daai vet-word ontbyte met omelette, muffins, ...pap...(wie eet nou dit as jy kan vleis kry met ontbyt?!) en toe maar begin ry. Dis nou seker die enigste stuk pad wat maar dieselfde lyk heeltyd- baie soos ons Karoo en mens raak maar moeg, gelukkig geen padwerke hier in Nam nie! Middagete by Keetmanshoop gekry en dit 50km verder onder n boompie-wat-nie-skaduwee-het en tafeltjie geeet en verder gery en gery tot mooi met sononder hier in in die hoek van die Wind. Lekker afgepak bd gastehuis Vondelhof, en die eienares, Yvonne, hier was sooo gaaf om ons te laat braai op haar weber(dis nou die vleise wat ons gister wou braai), pot geleen vd aartappels se kook en siedaar, aandete by 'n B&B! gelukkig nie baie ander gaste hier, anders sou ons dit nie kon doen nie! Vandag het ons nie veel fotos geneem, want die stoppe was min en ons wou maar gou moontlik hier kom. Hier is net 'n fototjie van vanoggend se koffie vroeg op die stoep by Ai-ai-ai-ai-Ais. Tot more dan, groete hier uit Windhoek!
Gelukkige Vadersdag!

No comments:

Post a Comment