Wednesday, 26 June 2013

Dinsdag 25 junie

Vanoggend kon ons almal rustig opstaan, want H moes eers 10h in d dorp wees vir sy afspraak. Ons res het toe lekker rondgestap in die dorp en pa Chris het 'n sonbril gesoek en gekry en ek en ma Inge het skerp groente-skil messies gaan kry by n winkel hier waar sy hare laas gekoop het. In die winkel loop ons toe 'n vrou raak wat ek ken van laerskool-dae Voortrekkers wat in Bloemhof was, sy en haar gesin ook hier op vakansie. Hul het gister van Sossusvlei tot hier gery- dieselfde pad wat ons Saterdag moet afry...blykbaar 'n vreeslike slegte stuk sinkplaatpad waar almal pap bande kry net voor Solitaire, so ons is gewaarsku om ekstra water(en geduld!) saam te neem as ons Sat daarlangs ry! Nog n verassing- terwyl ons id dorp loop, hoor ek iemand my naam roep, en by die verkeerslig waai Monine WÜst verwoed vir my met 'n "Kan jy glo ons sien mekaar hier in Swakop!" Watter toeval, sou graag wou hello sê, maar die lig is toe groen dat hul moes ry! Middagete van regte egte WoermanBrock "brutchen" bd woonstel gehad en weer gery Walvisbaai toe saam mt H vir sy afspraak daar. Ons klomp toe na die Flamink swerms en soutpanne gaan kyk..wat n pragtige gesig om die duisende flaminke so pienk massa te sien! Tot die water is pienk- juis daai alge wat hul inkry wat hul lyfies en vere so pienk maak! Ook toevallig gesien hoe 'n jakkals een arme flaminkie vreet...daar is waarskynlik baie vet jakkalse in daai geweste!! Die duine is nog ongeklim deur ons, want die weer was nie wel daarvoor vandag nie- skaars 12 grade buite met n yswind daarby, so more sal ons hopelik die oggend gaan klouter! Verder geniet ons dit net rustig hier bd woonstel, en die twee niggies ontaard in regte kunstenaresse- hul teken en skets heeltyd die mooiste prente. Weereens besef ons net die Here se groot genade dat ons almal veilig en gesond hierdie wonderlike avontuur kan beleef!

NS: Ek het nou net 'n video opgelaai by Vrydag se post oor Etosha- van die grooooote ou kameelperd wat so mooi water drink!
Walvisbaai se hawe
Jakkals vreet flamink-se-kind
Laatslaap en dvd kyk! Lekker vakansie...

No comments:

Post a Comment