Sunday, 16 June 2013

Saterdag, 15 Junie 2013

Hello daar! Ek sit nou hier en skryf in ons kamer by Ai-Ais warm water bron vakansie oord terwyl almal nesskrop vd eerste aand se slaap hier in Namibia. Wat 'n geseende, opwindende dag was dit nie! Vieruur op en wakker,laaste goed ingepak, doomfoggers gestel en Jani wat kla dat sy "glad nog nie eers aan die slaap geraak het" toe ons d twee in die kar net so voor 5h inlaai in hul bedjie wat Henry v hulle op d agter sitplek gemaak het. Jani het heerlik geslaap tot 6h by Malmesbury maar Christian kan tog net niks mis nie en het kiertsregop, maar volgens hom "gemaklik gesit-lê" en die donkerte daar buite bekyk. Lekker ontbyt geëet by Clanwilliam se garage stopplek- Anita het gister hamburgers gemaak en dit was heerlik verby saam met die koffie id fles, ook beskuit en lekker hardgekookte(nee, NIE blou!eiers en buns. Goed gevorder tot op Springbok, petrol daar ingegooi maar sigbaar vir ons was dat die dorp baie verval sedert ons 5 jaar gelede daar deur is. Toe die langerige rit na die grens by Vioolsdrif-agv wat voel soos duisende padwerke-daai lieflikestop en ry stasies...Ai maar was ons jolig toe ons oor d Oranjerivier ry en in die nuwe,ander land ingaan na die grenspos-gewag-en-getoustanery! of soos Jani sê "Amibia" is mos oorsee Mamma? Opgewonde om by A-Ais te kom ry ons voor Henry se ouers uit en hier aangekom en ingeboek en begin aflaai, toe besef ons hul is nog nie hier...met geen selfoon opvang hier ry ons toe maar d grondpad terug om hul te soek...net entjie verder gelukkig kom hul aan...'n pap band gehad!!Sjame, maar gelukkig het d twee manne dit gou gefix en die outjies hier bd garage by d oord sal dit kan patch vir hul voor ons more ry! Toe is ons almal pens en pootjies in die warm bron baddens in! Lekker!!! eers het ons 4 die buite swembad aangedurf-effens kouer as wat ek gedink het maar dit was al amper donker, bygesê ! Toe hardloop ons omtrent na d binne baddens wat saaaalig warm en vol"jaccuzi-rige" borrel-blasers is...die kinders wil natuurlik heeltyd daar bly en gaan more eerste ding weer daar inspring...mens se agterdeursluit oop direk in die saal by die swembaddens en dan het jy n tipe buite stort in d woontel nog apart van jou badkamer. aangesien die woonstelle sedert almal laas hier was verander het van self-catering na b&b, kon ons nie ons vleisies braai en braabrode maak soos beplan nie! so ons sit toe maar op d stoepie en eet almal saam al die left-over padkos van d dag en gesels heerlik terwyl d niggies en nefie lekker speel! D kids dink regtig dis die beste plek waar hul nog ooit ooit in hul HELE lewe gebly het! Mooi saamgevat in n Christian-grappie wat hy uitgedink het:"Hoekom is daar so baie ai ai's in Ai-Ais? want almal sê "ai ai ai ai ai maar dis lekker hier!!!"met ons nou lekker moeg en pê, groet ek tot more...wanneer ons die pad Windhoek toe vat!
Padwerke op die N7
Amper by Ai-Ais!
Uitsig vanaf ons woonstel vanaand

Warm water swembad by Ai-Ais


No comments:

Post a Comment