Ai, vanoggend was dit heerlik om so in die mis op te staan en dis koel buite, sooooveel anders as gister oggend! Eers moes ons die bakkie vol petrol kry, en heel gerus omdat die plek vlg ons kennis wel 'n petrolpomp het...by ontvangs gehoor ons moet afry na so 'n skuur/ou myngebou- daar gekom is 'n vriendelike omie wat ons vertel hy het nie die sleutel vd deur wat die plek waar d petrol is oopsluit nie. 'n Man met die naam Bombas het die sleutel...en Bombas is nie nou hier nie...hy sal vir Bombas bel...maar soos hy sy selfone oor die bring is dit net musiek wat speel en ons weeeeet eintlik goed...daar is GEEN selfoon sein daar nie, soos in GEEN! Dus is Bombas toe te voet gaan haal..hy was al die tyd bo bd ontvangs waar ons moet gaan ontbyt eet.:-))..Ontbyt was bedien in n kamer vol geskryfde mure van almal wat al daar was deur baie jare- so die kinders was baie opgewonde om op die mure hul eie boodskappies en prentjies te kon skryf! Na ontbyt moes ons vroeg id pad val om betyds te wees v h se afspraak by n lodge in Cape Cross- daar waar die bekende groot rob-kolonie broei. Dis so 2 ure se ry suid van Terrace baai, halfpad na Swakopmund waar ons vanaaand slaap en tot Saterdag bly! almal sien ook uit om bietjie langer as een nag op n plek te slaap! Goedgegaan met h se werk, terwyl ons 3 na die museumpie hier was en besluit het om NIE na die robbe te gaan kyk, aangesien jani se ooraktiewe reuksintuig dit dalk nie TE aangenaam sou vind nie! Lekker vroeg op Swakop aangekom, so 3h die middag en maklik die woonstel gevind waar ons almal saam in bly vd week. Dis in die nuwe deel v Swakop, Myl 4- dis hoeveel hierdie dorp al uitgebrei het deur die jare! Dit lyk vir my al hoe meer soos die Stellenbosch van Namibia hier, met al die tipiese duitse styl geboue en ook baie toeriste plekkies.Pragtig- veral die mistigheid wat heeltyd hier hang- soos Jani sê: die dorp is bietjie "dowwerig"...maw die son skyn nie! Sien uit na lekker paar dae hier van toeris-speel en ook duine klim saam met die kids tussen Swakopmund en Walvisbaai.
 |
| By die grens van Skedelkus Reservaat-Swakopmund hier kom ons! |
|
 |
Ontbyt by Terrace baai
Ou olie-boor plek langs die pad |
|
|
No comments:
Post a Comment