Thursday, 20 June 2013

Donderdag 20 Junie

Vandag het sommer vroeg-vroeg al begin, ons het 5h30 opgestaan om 6h op d pad te wees Etosha toe! H se ouers het eers agtergebly om rustig nog by Okinjima te ontbyt en ons kry hul dan die middag by die lodge waar ons oornag vanaand- Mushare Lodge, ook buite Etosha park. Die plek waar ons so vinnig  moes heengaan, Mokuti Lodge, is reg by Namutoni se hek geleë, en is baie gesog vir die Italiaanse toeriste om by te bly. H het 'n baie suksesvolle afspraak daar gehad en terwyl hy werk het ek en d kids na die reptielpark daar gegaan! Maar tot my skaamte moet ek bysê ons het nie baie lank daar gebly nie, want dit was bietjie verlate om mee te begin...en toe, nadat ons die oulike skilpadjies bekyk het, en die likkewane gesoek maar nie gevind het, is die kampie met die ...pofadders toe aan die beurt...met slang se kind wat my toe uit 'n oop! kampie met 'n lae!! muurtjie-tjie beloer, is my bebe toe te lam om verder te loop kyk na die koudbloediges...H was so 1h30 klaar en toe kon ons daar middagete eet met die mooiste uitsig oor die tuine vd lodge, en n paar eekhoringkies(baie mak) wat kom saam eet en kos vra,...maar nie gekry het! Aangekom hier op Mushara, afgepak en net toe arriveer die res van die familie, goeie timing!Sjoe, maar dis werlkik pragtig hier-en die "interior decorating" hier is soos iets uits 'n leefstyl-tydskrif! Eers mekaar se pragtige blyplekke afgeneem en bekyk(ja, ons is nie sulke luukse gewoond nie, regte toeriste ook!)Hier is bokkies- nnou net 'n duikertjie langs d huis gesien, en ook n familie van vlakvarkies langs die swembad wat rustig die gras omdolwe...net soos 'n wafferse worshond!(lees:Wiekie...) Ook eers bietjie koffie gedrink voor H weer hier aan't werk gespring het saam met d eienaar hier. Die kids kan te heerlik hier speel, hier is ;n klinraam reg by die huis wat ons met h se ouers vanaand deel. Ek Skryf nou terwyl hy besig is, dis al na 17h, en aandete begin weer 19h soos gisteraand- lyk ook na heerlike 3-gang maal. Maar nou eers die kinders id bad sit, want na Ai-Ais se baie baddens is dit nou die eerste bad en nie net storte wat ons het en moet self sê, ek mis dit! Kan nie glo ons is al amper 'n week weg van die huis nie, dus nou kan die tyd maar staaaaadiger begin verbygaan!
Kyk net Jani se gesiggie! Dis net na die slang-episode..
Christian oefen sy kamera-skills op my by die middagete
Mark&Anita in die familie-huis op Mushara
Mushara Lodge

No comments:

Post a Comment