Vanoggend was nogals 'n erge gepakkery, aangesien mens al jou ding uitgepak het vir die heerlike 5 dae hier in Swakopmund, wat nou helaas op 'n einde is...koebaai gewaai vir al die mooi plekkies en kleurryke geboue hier, met Chr wat sommer Desember weer wil kom! En om als te kroon is dit vandag ma en pa se 39ste huweliks herdenking-veels geluk aan hulle! Om te dink hul is 39 jaar HIER, op Swakopmund by die Lutherse Kerkie getroud, hoe amazing! Die pad waaroor ons gewaarsku is voor Solataire was toe nie so erg nie, net so 10km se sinkplaat. Ons het gestop op die mooi Kuseb-pas vir middagete... lekker broodjies en koffie uit die fles en toe d pad Sossusvlei verder aangepak. Wat 'n stowwerige(heelpad grond) storie, want al wat 'n SA'ner is kom van voor af aangery met hul karre met tente oppie dak of sleepwa agterna, almal op vakansie! maar dis sooo 'n mooi pad met die landskap wat heeltyd verander en sprokiesmooi is! Ook weer van daai Kaokoveld klippe-gestapelde-berge gekry waar Chr en J by opgeklouter het! Aangekom(sonder enige pap bande by ons en die res!) so voor 3h by Sossusvlei Lodge, heerlik uitgespan in ons oulike "tented-house" voor h 4h moes werk. Ons het maar net sit en tuur oor die vlaktes en pragtige landskap hier, reg uit jou bed...en ook die mooiste mooi sonsondergang gehad-sien foto. Sossusvlei is verseker nie verniet bekende vir die plek met die mooiste sonsondergange id wêreld nie! Toe h klaar is was dit etenstyd met 'n buffet ete soos min-fantasties, met springbokke en gemsbokke wat wei hier voor jou onder die doringbome! Nogals ironies om te dink ons het juis toe 'n stukkie gemsbok(Jani het) gehad om te eet..ook vlakvark(H), zebra(ek) en eland(Chr)...almal heel interessant-ons het so by mekaar geproe... maar ek dink die vlakvarkie was die lekkerste! Lekker slaap gaan ons nou, more is 'n vol dag wat wag!
 |
| Mooie anderste landskap, sommer so id ry afgeneem |
 |
| Klippies-berg! |
 |
| Ai, maar dis mooi hier |
 |
| ...en nog mooier |
.JPG) |
| ..pad tussen die huisies |
 |
| ...en die MOOISTE sonsondergang! |
No comments:
Post a Comment