Saturday, 29 June 2013

Vrydag 28 Junie

Vandag was so 'n tipiese swakopmund-vakansie dag! Ja, in ons boekies beteken dit VISVANG! en so het ons dag dan ook begin- eers na Walvisbaai se kant met laagwater gery, klipvis gevang...(ja okay dit was toe hengel..) en oor middagete teruggegaan huis toe. Lekker laaaang visvang-sessie Hentiesbaai se kant toe(Myl 14) saam met 'n ou vriend van pa Chris, 'n local- oom Dirk, en sy seun is saam. Soos dit met die local Swakopmunders hier gaan, WEET almal van visvang en presies waar die regte "gate" is soos hul sê! Inderdaad het ons so 'n "gat" gevind en tussen die 4 mans het hul 20! ja 20 kolsterte en galjoene uitgetrek! Dis pragtig om so te sit en die kids te sien speel, as is dit koud en mistig hier by die kus, speel hul hullself flou en vooooool sand en voel nie eers die koue nie! Die see hier is baie soos die weskus waaraan ons gewoond is in SA, lekker rof en ongetem... elke keer verstom ek my oor die baie skulpe en mooi klippe. Die aand natuurlik 'n galjoen en kolstert gebraai oor die kole- my keuse is die kolstert want dit proe baie soos snoek(njammies!) terwyl die galjoen weer 'n rubberige tekstuur en smaak soos kreef het. Vroeg gaan slaap om lekker te rus voor more se vroeg opstaan, pak en ry Sossusvlei toe!

No comments:

Post a Comment