Vanoggend was een van die rustigste dae tot nou toe in Namibia! Ons 3 is 10h Namibia tyd na H se eerste afspraak vd dag- by die Seaside Hotel&Spa wat net so 'n blok van waar ons woonstel is geleë is. Die rede is dat dit op n baie mooi stuk klipstrand van Myl4 omgewing hier is, en ek en d kids het sommer bietjie op d strand gespeel terwyl hy besig was- met 'n geluk om 'n swerm flaminke by ons te hê terwyl ons v hom wag! Ook eers die WiFi vd hotel se ontvangs gaan gebruik-hulle was baie vriendelik-ek kon gratis inlog en toe d laaste paar dae se emails aflaai en blog opsit! Terwyk ek besig is het d gawe manager vd hotel vd kinders laat drinkgoed bestel wat hul wil- dus Milo, sap en Grapetiser later is ons weer strand toe..:-)Die hotel is voorwaar op,op,op die strand geleë-die gaste stap bd stoep af tot op die sand en die branders spoel 10m verder met hoogwater op die klippe-pragtig!Vanmiddag is die res van ons na die duine om eindelik 'n GROTE te takel. Dit was effe uitputtend vir my, maar d kids het nie juis gesukkel om tot bo, en af, en weer op, en af... te gaan nie! maar bo gekom is die uitsig asemrowend met duin op duin na die ooste en see op see na die weste. Ek is met 'n halwe duin in my tekkies terug huis toe, Jani het sand in haar mond en neusgaatjies, en Christian was oortuig daar is tot sand in sy oordromme...nodeloos om te sê dat ons hul geroskam het voor ons die woonstel in is, en oupa Chris weeeeer sy kar sal moet stofsuig nadat hy dit eergister laat doen het;-)En natuurlik het die res vd sand vanaand in die bad afgespoel! Henry het vanaand eers 7h hier aangekom na heel middag se werk en toe is die braai darem al aangesteek, en nou weereens, met magies TE vol soos dit op 'n vakansie gaan, ogies toe en bed toe...
No comments:
Post a Comment