Monday, 24 June 2013

Vrydag 21 Junie

Dis al Vrydag! Vanoggend is dit net oppak alweer en so gou moontlik ry na die hek by Etosha vir ons groot wild-kyk dag! By Namutoni(eerste kamp) se hek in en net gou n kaart vd paaie in Etosha gaan koop en begin soek en scout vir al die diere! Elkeen id gesin het hul eie gunsteling dier gekies wat hy graag wou sien: Jani 'n luiperd, Christian 'n haiena, ek 'n olifant en Henry 'n leeu! Ons plan is om middagete by die middelste en tweede kamp, Halali, te eet en dan voor die hekke toemaak 5h by ons oornag(3de) kamp- Okakujo te wees. Ai maar was al die diere nie pragtig en regtig volp nie, mooi kameelperd-traffic-jams oor die pad gehad, koedoes, waterbokke, zebra's, valkies, jakkalse en ook die mooi video geneem vd grooooot pappa kamelie wat water drink by n gat...dis so snaaks om te sien hoe die ou sukkel om sy laange bene uitmekaar te kry en sy nog langer nek te buig om die tong tog net bd water te bring...sjame, hul bly mos so skrikkerig om dit te doen! Volgende was die lekker verassing v twee grooooot olifante reg langs d pad- my eerste wens vervul! Na middagete eers pappa se wens gekry- twee leeus 'n ent onder 'n bos wat slaaaaaaaap en net nou en dan hul ore of stert roer...nie baie naby ongelukkig. En tot nou toe nog soek ons d luiperd en haiena...maar toemaar Ch en J, iewers eendag! Die aand by Okakujo was regtig baie lekker: eers net rustig 'n braai aangesit en toe solank watergat oorkant ons huisie toe gestap met kamera en verkyker id hand...en was ons nie verras...8 olifante bd gat!!! Reg hier by ons, net donker geword dus kon ons hul nie mooi afneem, maar wat 'n skouspel het die olifant-gesin ons nie besorg nie! Van speel met die kleintjies(daar was 2tjies), tot tande-kap tussen 2 tiener-fante en drukkies en slurp-gevouery tussen mekaar. Om nie te praat van hoe snaaks dit klink as hul die water opsuig met hul lange slurpe en dan dit afgooi id dorstige kele nie...mens hoor net:sjoooeg soos hul suig en glug-glug-glug soos dit id pens beland! Na ete weer musse en serpe aan en terug watergat toe.. om sowaar 'n renoster daar te kry wat kom drink het! Pragtig om hom ook so van naby onder die lig te kon sien! Toe lekker gaan slaap na hierdie opwindende dag, wat 'n voorreg weereens!
Sesuur oggend bd watergat waar ons die olifante vorige nag gesien het!



By Namutoni


No comments:

Post a Comment