Thursday, 20 June 2013

Woensdag, 19 Junie

Hello daar, vandag was weereens heerlik en vol avontuur, en ons het lekker min km's gehad om te ry tot hier by Okinjima. So weereens rustig gery en by Otjiwarongo gestop vir ontbyt en biltong&droeëwors by die beroemde "Piet se biltongplek" gekoop. Voor middagete was ons al hier by die lodge, en is vreeslik vriendelik ontvang met ystee en sitgemaak om vrywaringsvorms te onderteken- waarin ons toestem dat ons die kinders heeltyd sal dophou en hulle vrywaar van enige insidente, aangesien die vlakvarkies hier rondloop, ook koedoes en paar ander wilde dinge soos jakkals se kind...Gelukkig is die groot katte hier in rehabilitasie- want soos ek vandag uitgevind het is "The Africat Foundation" op hierdie plaas geleë! So ons was baie opgewonde dat ons terwyl H werk na d rehabilitasie sentrum en areas vd cheetas kon gaan kyk, maar jammer dat d luiperde en leeus se areas nie op d oomblik oop is vd publiek of besoekers nie. Eers bietjie gerus en toe 3h30 vertrek op d wildrit na d cheetas- weereens moes ek onthou ons is nou op Namibia tyd...ja, ons is op "light-saver" tyd hier, dis een uur vroeer as in SA!! Ai maar ek, Anita, Mark en d 4 kiddies het die 2-uur lange ekspedisie baaaie geniet, dit was so interessant en mens het sommer van die voëls en plante ook by die gids geleer....soos hy iets sien stop hy en begin aaaaaales vd plantjie of diertjie of ding vertel- ons het tot vd oorlog tussen die Hereroes en Namas gehoor! en natuurlik val liewe Christian hom heeeeltyd in die rede en vra baaaaie vrae.."hoekom dit?..hoe werk dit?"..ens..:-) Na ons die cheetas in d 6ha area moes soek en 2 van hulle gevind het en mooi foto's kon neem, wil Zoey net nog "tiggers" soek, maar niks verder gesien...toe na die kliniek waar die katte wat seergekry of gered is gehou word in klein kampe- ook baie mooi en fantasties om te sien wat als vir opvoeding rondom die bewaring vd katee gedoen word hier in Nam. Almal pê net voor sononder hier aangekom, H amper klaar md opleiding gewees en toe gestort om skoon te kom vd fyne fynste stof wat veral d kids so bruinerige skakering gegee het... en reggemaak vd buffet ete vanaand. Was heerlik- veral die gemsbokfillet- ek kan nogal sê dis so lekker soos beesfillet indien nie beter! maar kids was so moeg hul kon nie eers poeding eet!!! nie, en almal dus nou vas aan die slaap na die opwindende dag. More is nog 'n dag, so met 'n dankbare hart en besef van hoe bevoorreg ons is om hierdie dinge te kan doen en sien, tatta vir eers!
In die "safari-ferrari" oppad om na die cheetas te gaan kyk
By die rehabilitasie sentrum met die tafel waar die katte ge"tag" word as hul id wild vrygelaat word
Lekker bundu-bashing!
'n Geredde cheeta word gevoer..lekker bokvleis
Die twee met hul cheetah maskers op die grênd beddens vd aand!

No comments:

Post a Comment