Monday, 24 June 2013

Sondag, 23 Junie

 Laasnag was nou een vd warmste nagte in die middel-middel (kortste dag, langste nag) vd winter wat ons nog ooit beleef het- die kids het in net kortmou hempies en onderbroekies geslaap want ons het nie somers nagklere gebring nie! Die kamers waar ons was, het nie aircon nie, net waaiers, so ons kan nie lekker verstaan HOE d toeriste dit in d somer daar uithou nie...want blykbaar word dit hier 45 grade dan! Ook 'n bosluis gisteraand op my gevind wat al gebyt het, so ek dokter nou mar die plek met Bactroban...Oppad na Terrace baai vandag was een van die mooiste paaie wat ek nog gery het, en al die massas Welvitchia plante langs die pad was ook besonders. Lekker verduidelik hoekom hulle "oerplante" genoem word vd kinders, maar volgens Jani lyk hulle net pleinweg dood vir haar! Die mooiste sandsteen berge met verskillende kleure riwwe en toe ons deur die Skedelkus Nasionale Park se grens gaan, raak die wereld ewe skielik sandduine met ystererts in-sulke swart duine! Ongelukkig het H se pa weer 'n pap wiel gehad, maar dis weer gou deur d manne geruil. Ons was middagete veilig hier by die huis wat maar een van 10 huise op hier op Terrace baai is. Henry kon nie wag om op sy af dag bd viswaters te kom nie, en met aas aan die hoek is ons almal hier af na die see wat net 50m vd huis af is. Twee skaamhaaie later en geen grote vir aandete, maar veral die kids het die strand baie geniet en al wat n speletjie is opgemaak, groot skulpe opgetel, self probeer visvang en aas opsit- met die klippe wat so pragtig hier lê wil ek almal saamvat huis toe! Ongerepte wêreld hierdie soos niks ooit gesien...by die ontvangs het hul ons gewaarsku om teen sononder maar binne die huis te kom, want een vd 3 leeus loop elke dag die pad voor ons huis verby,..ook strandwolwe en haienas!!!En ons kon al die spore duidelik id sand sien, siende dat hier skaars mense is-net een ander huisie het mense in... vd Paarl nogal! So dis nou donker buite, en met kinders almal gebad en gebid en gebed, ons net rustig hier wat saamkuier, kan leeu en wolf se kind maar hier verbykom as hulle wil:-o!!!
Visvang..sorry-hengel, op Terrace baai!
 Sonsondergang..Christian met aandete in sy mond-  'n lekker stuk koedoe-biltong!




















No comments:

Post a Comment