Saturday, 6 July 2013

Woe 3 Julie

En so is dit koebaai, 60000km later, aan pragtige Namibia....Ons sal jou mis mooie land, en hier is ietsie van jou- aan jou, van ons!

Wednesday, 3 July 2013

Dinsdag, 2 julie

Vandag het ook rustig begin, aangesien H 9h 'n afspraak het en ons toe gery het na Kolmanskop, die "spookdorp"- net10km buite Luderitz. Christian het saam met Mark die begeleide toer gedoen terwyl ons res oop ons eie tussen die sandgevulde en sandverwaaide huise gestap het- mens kan ure hier fotos neem, want die lig werk so lekker vanuit die ou geroeste vensters na die sand en duine buite- al die lig en skaduwees! Die geskiedenis van hierdie ou plekkie wat verrys en gesterf het aan die begin vd 1900's, is vreeslik interessant.  Als net oor die gedelf na die pragtige blink klippies wat elke getroude vrou aan haar vinger wil hê! Hiervandaan het h ons kom optel met die kar en ons het weer aangestoot grens toe, want wou graag voor sononder by ons slaapplek net anderkant d grens, teen die Oranjerivier in SA,aankom. Egter eers sononder by die grens gekom en moes toe eers in en uit die 2 lande! Die laaste stuk pad in Namibia was absoluut pragtig- mens ry vanaf Rosh Pinah al langs die rivier tussen die berge af, dus in 'n tipe canyon met die hoë kranse om mens- wens net mens kon als nog vir oulaas in"drink", want voor ons ons kon kry was d son onder en ons bd grens. Kon ongelukkig nie die uitsig sien van ons slaapplek vanaand nie, maar dis weer sulke tented-huisies amper soos by Sossusvlei. Almal het maar gou gaan slaap, want more se terugry huis toe wag, en nou verlang ons sommer baie na almal en die diere-kinders daar bd huis! So totsiens Namibia, sien jou hopelik gou weer, jy was 'n belewenis duisend!!!
Kolmanskop
Die 2 dames vanuit 'n ou huis met die gimnasium id agtergrond
Langs die rivier, amper bd grens

Maandag, 1 Julie

Vandag was 'n tipiese grondpad-heelpad rit hier in Namibia- ons het rustig opgestaan en gepak, en toe Luderitz toe begin ry. Ons het heel goed gevorder en toe ongelukkig net voor Helmeringhauzen 'n pap band van pa Chris hul moes regmaak, maar verder was die pad mooi en rustig. Heerlik gerus, band reggemaak en geeet op hierdie kleine plekkie- dis eintlik net 'n plaas met 'n petrolpomp en hotel, maar baie vriendelike mense! ons bakkie se band toe ook pap toe ons wou ry, gelukkig kon ons dit toe daar sommer ruil en regmaak. Dus het ons later as wat ons graag wou in Luderitz aangekom, maar darem nog oppad soontoe , verby Aus, 'n hele klomp vd wilde perde gesien! Teen sononder by die hotel op Luderitz gekom, wat 'n mooie hawedorp is dit tog ook nie! Die hotel is op die see gebou, en die kinders was uit hulle nate om in 'n "regte hotel" te kon slaap! Maar oppad kamer toe, ewe met die portier wat so mens se tasse op 'n waentjie laai, sê Christian kliphard: hierdie is nie hotel nie, dis 'n hospitaal!..herhinner hom toe glo aan die Medi-Clinic...eintlik skerp want dis mos maar wat M-C probeer doen...om mense te laat voel hul is in 'n hotel en op vakansie dat hul gouer kan gesond word! Elkgeval, h se afspraak is toe uitgestel na more oggend, want ons was te laat, so more sal ons dan na Kolmanskop gaan terwyl hy werk. Maar eers wag 'n heerlik nag se slaap met die see wat spoel hier oor die rotse onder ons kamervenster...te heerlik!
By Helmeringhauzen
Nog 'n mooie wilde perdjie
Jani wou nog slaap met daai heerlike geluid vd see op die rotse- vlgde oggend-uitsig uit die kamer

Sunday, 30 June 2013

Sondag 30 Junie

Vandag, so op die laaste dag van Junie, is ons al voor

sonsopkoms uit die vere- wat 'n pragtige opkoms was dit nie-

net soos mens verwag het(sien foto). vroeg gery om een van die

hoogste duine hier in Sossusvlei te klim, aangesien ons alreeds

13 jaar terug die ene by die vlei self geklim het, het ons

oppad soontoe die "Big Daddy"- een vd hoogste 3, te klim. Oppad

eers 'n groepfoto bd uitkykpunt te neem, en ook 'n foto by die

bakkie omdat die klok op daai plek na 100 000 km oorgeslaan

het! By die duin gekom, was daar reeds mense se tekkies en

skoene wat aan die onderpunt gelê het, en toe ons almal skoene

uit het is ons hom duin-op..ai, kon ek maar sê ek was tot bo,

maar nee, net H en C,J en Rachel het genoeg energie gehad! Mark

het saam met klein Zoey tot so halfpad gekom, en ek is toe maar

liewers af...dalk het my hoogtevrees meer iets daarmee te doene

gehad as moegheid, want mense, dis 'n hoë duin daai! Lyk dalk

nie so op die fotos nie, maar weereens is mens se oog maar net

die heel beste kamera, fotos doen nie hierdie asemrowende mooi

duine en landskap gestand nie, mens moet dit SIEN en beleef! En

als is so stil so stil...en blyk baar was die top vd duin nie

die top soos op d foto nie, H sê hul het op n stadium effe af

en weer op na 'n 2de top geklim. Baie groepe mense het intussen

daar aangekom en ook beginne opklouter- bly ons was nie hulle

nie, want toe ons af en klaar was, was dit 11h30 met die son

wat waaaaarm brand! Toe is almal Sossusvlei se vlei toe, ook 'n

bekende besienswaardigheid met die mooi droeë vlei so onder d

duin in winter en met water id reentyd. Om daar te kom kan jy

net tot op 'n punt met gewone kar en dan is dit dik-dik sand

vir 5km, dus net 4x4 karre se "territory" - dus het pa Chris

ons in 2 sarsies met syne heen en weer gevat. So ons kon die

R100!!!per persoon fooi vryspring wat die 4x4 trokke en karre

van die resorts en lodges jou vra. Middagete gou 'n pap-

wordende band(spyker in) hier bd vulstasie laat regmaak-hulle

is baie flink daarmee hier, want doen dit elke dag vir 'n hele

paar karre! Toe bietjie gerus en weer laat waai Sesriem toe,

net so 5 min se ry, dis nou die canyon hier met pragtige grotte

en gate so diep onder die aarde..in somertyd weereens vol water

maar nou lekker droog sodat mens daarin kan afstap en die

bietjie stilstaande water gaan soek. Die kinders sal nog langer

hier wou bly, want dis heerlike klouter-plekke en lekker koel

so in die aarde se maag(en jy kan eggo's maak!) maar ons

grootmense wou vir die laaste sonsak weer terug bd tente wees.

Met aandete weer gems-en springbokke bd watergat wat belig word

gesien...nogal gelag vroeër, want die oorsese toeriste stap al

heel laatmiddag terwyl d son sak na die watergat toe en dan

jaag hul al die bokkies weg, so asof hul nie verstaan waar die

pragtige ou "mak bokkies" nou heen weghardloop nie...;-) Nogals

gedink mens moet dalk 'n luidspreker met leeu-gebrul laat speel

elke keer as hul daar naby kom...hie-hie! Met lekker moeë bene,

en weereens harte vol dankbaarheid, tot more wat ons die pad

Luderitz toe vat!
Sonsopkoms
100 000km!
Ons almal
Hier kom ons, Big daddy!
Opwaarts, mars..
Hulle is oppad af!
Klaar!
Onder in Sesriem canyon
Superman?!
Bo-punt waar mens afstap in die canyon

Saturday, 29 June 2013

Saterdag, 29 Junie

Vanoggend was nogals 'n erge gepakkery, aangesien mens al jou ding uitgepak het vir die heerlike 5 dae hier in Swakopmund, wat nou helaas op 'n einde is...koebaai gewaai vir al die mooi plekkies en kleurryke geboue hier, met Chr wat sommer Desember weer wil kom! En om als te kroon is dit vandag ma en pa se 39ste huweliks herdenking-veels geluk aan hulle! Om te dink hul is 39 jaar HIER, op Swakopmund by die Lutherse Kerkie getroud, hoe amazing! Die pad waaroor ons gewaarsku is voor Solataire was toe nie so erg nie, net so 10km se sinkplaat.  Ons het gestop op die mooi Kuseb-pas vir middagete... lekker broodjies en koffie uit die fles en toe d pad Sossusvlei verder aangepak. Wat 'n stowwerige(heelpad grond) storie, want al wat 'n SA'ner is kom van voor af aangery met hul karre met tente oppie dak of sleepwa agterna, almal op vakansie! maar dis sooo 'n mooi pad met die landskap wat heeltyd verander en sprokiesmooi is! Ook weer van daai Kaokoveld klippe-gestapelde-berge gekry waar Chr en J by opgeklouter het! Aangekom(sonder enige pap bande by ons en die res!) so voor 3h by Sossusvlei Lodge, heerlik uitgespan in ons oulike "tented-house" voor h 4h moes werk. Ons het maar net sit en tuur oor die vlaktes en pragtige landskap hier, reg uit jou bed...en ook die mooiste mooi sonsondergang gehad-sien foto. Sossusvlei is verseker nie verniet bekende vir die plek met die mooiste sonsondergange id wêreld nie! Toe h klaar is was dit etenstyd met 'n buffet ete soos min-fantasties, met springbokke en gemsbokke wat wei hier voor jou onder die doringbome! Nogals ironies om te dink ons het juis toe 'n stukkie gemsbok(Jani het) gehad om te eet..ook vlakvark(H), zebra(ek) en eland(Chr)...almal heel interessant-ons het so by mekaar geproe... maar ek dink die vlakvarkie was die lekkerste! Lekker  slaap gaan ons nou, more is 'n vol dag wat wag!
Mooie anderste landskap, sommer so id ry afgeneem

Klippies-berg!
Ai, maar dis mooi hier
...en nog mooier
..pad tussen die huisies
...en die MOOISTE sonsondergang!

Vrydag 28 Junie

Vandag was so 'n tipiese swakopmund-vakansie dag! Ja, in ons boekies beteken dit VISVANG! en so het ons dag dan ook begin- eers na Walvisbaai se kant met laagwater gery, klipvis gevang...(ja okay dit was toe hengel..) en oor middagete teruggegaan huis toe. Lekker laaaang visvang-sessie Hentiesbaai se kant toe(Myl 14) saam met 'n ou vriend van pa Chris, 'n local- oom Dirk, en sy seun is saam. Soos dit met die local Swakopmunders hier gaan, WEET almal van visvang en presies waar die regte "gate" is soos hul sê! Inderdaad het ons so 'n "gat" gevind en tussen die 4 mans het hul 20! ja 20 kolsterte en galjoene uitgetrek! Dis pragtig om so te sit en die kids te sien speel, as is dit koud en mistig hier by die kus, speel hul hullself flou en vooooool sand en voel nie eers die koue nie! Die see hier is baie soos die weskus waaraan ons gewoond is in SA, lekker rof en ongetem... elke keer verstom ek my oor die baie skulpe en mooi klippe. Die aand natuurlik 'n galjoen en kolstert gebraai oor die kole- my keuse is die kolstert want dit proe baie soos snoek(njammies!) terwyl die galjoen weer 'n rubberige tekstuur en smaak soos kreef het. Vroeg gaan slaap om lekker te rus voor more se vroeg opstaan, pak en ry Sossusvlei toe!

Friday, 28 June 2013

Don 27 junie

Vanoggend is ons almal voor henry se laaste afspraak in Swakopmund, na die bekende Cafe Treff vir koffie en ontbyt broodjies. Dis so 'n klassieke duitse Swakopmund plekkie waar al die local duitsers kom ontbyt eet en elke keer nog as ons in Swakop was het ons hier kom draai...dus soos 'n instelling vd Kotzé's! Lekker foto's daar geneem en mens verlang sommer klaar weer "wanneer ons eendag weer gaan kom.."Terwyl h toe werk, het ons saam met Anita en Mark en kids na die ligtoring gestap en tussen die palmbome. Toe die kids laat speel daar by die strandfront op so 'n lekker outydse rondomtalie- Henry hul het self as kids daarop gespeel...en toe laat weet h hy is klaar en kry ons almal daar. Middagete bd huis gehad en toe na 'n kort middagslapie is almal in die bakkie- kids en Mark agterin, na die kameelrit plaas net buite Swakop. Die tannie daar het 'n plot en 'n kameelrit besigheid al vir die afgelop 28 jaar, baie gawe duitse vrou. Sy het egter nou kompetisie want tussen Sw en Walvisbaai het nog 'n kameelrit plek oopgemaak- maar ons het gister hul pryse vd kids om te ry gaan uitvind- baaaaie duurder as die een waar ons toe vandag is. Mens ondersteun haar ook graag, sy kyk baie mooi na die kamele en die kinders het soos verwag die rit ontsetttend baie geniet- gate uit! Te pragtig sit die tannie vir hul elkeen 'n tulband op en die ou melies het ook sulke fraaie,swierige bekleedsels aan! Maar terug bd huis is 'n bosluis deur ouma op Zoey gewaar(seker van kameel se kind op haar afgeklim), en toe is al die kids sommer bad toe gestuur en deursoek vir bos die luis en sy maters! Jani kla ook lekker van "seer beentjies"...dis natuurlik vd duine klim gister!Tot more dan, met Henry more op sy af-dag....vir 'n lekker visvang ekspedisie Hentiesbaai se kant toe!

Woe 26 junie

Vanoggend was een van die rustigste dae tot nou toe in Namibia! Ons 3 is 10h Namibia tyd na H se eerste afspraak vd dag- by die Seaside Hotel&Spa wat net so 'n blok van waar ons woonstel is geleë is. Die rede is dat dit op n baie mooi stuk klipstrand van Myl4 omgewing hier is, en ek en d kids het sommer bietjie op d strand gespeel terwyl hy besig was- met 'n geluk om 'n swerm flaminke by ons te hê terwyl ons v hom wag! Ook eers die WiFi vd hotel se ontvangs gaan gebruik-hulle was baie vriendelik-ek kon gratis inlog en toe d laaste paar dae se emails aflaai en blog opsit! Terwyk ek besig is het d gawe manager vd hotel vd kinders laat drinkgoed bestel wat hul wil- dus Milo, sap en Grapetiser later is ons weer strand toe..:-)Die hotel is voorwaar op,op,op die strand geleë-die gaste stap bd stoep af tot op die sand en die branders spoel 10m verder met hoogwater op die klippe-pragtig!Vanmiddag is die res van ons na die duine om eindelik 'n GROTE te takel. Dit was effe uitputtend vir my, maar d kids het nie juis gesukkel om tot bo, en af, en weer op, en af... te gaan nie! maar bo gekom is die uitsig asemrowend met duin op duin na die ooste en see op see na die weste. Ek is met 'n halwe duin in my tekkies terug huis toe, Jani het sand in haar mond en neusgaatjies, en Christian was oortuig daar is tot sand in sy oordromme...nodeloos om te sê dat ons hul geroskam het voor ons die woonstel in is, en oupa Chris weeeeer sy kar sal moet stofsuig nadat hy dit eergister laat doen het;-)En natuurlik het die res vd sand vanaand  in die bad afgespoel! Henry het vanaand eers 7h hier aangekom na heel middag se werk en toe is die braai darem al aangesteek, en nou weereens, met magies TE vol soos dit op 'n vakansie gaan, ogies toe en bed toe...

Wednesday, 26 June 2013

Dinsdag 25 junie

Vanoggend kon ons almal rustig opstaan, want H moes eers 10h in d dorp wees vir sy afspraak. Ons res het toe lekker rondgestap in die dorp en pa Chris het 'n sonbril gesoek en gekry en ek en ma Inge het skerp groente-skil messies gaan kry by n winkel hier waar sy hare laas gekoop het. In die winkel loop ons toe 'n vrou raak wat ek ken van laerskool-dae Voortrekkers wat in Bloemhof was, sy en haar gesin ook hier op vakansie. Hul het gister van Sossusvlei tot hier gery- dieselfde pad wat ons Saterdag moet afry...blykbaar 'n vreeslike slegte stuk sinkplaatpad waar almal pap bande kry net voor Solitaire, so ons is gewaarsku om ekstra water(en geduld!) saam te neem as ons Sat daarlangs ry! Nog n verassing- terwyl ons id dorp loop, hoor ek iemand my naam roep, en by die verkeerslig waai Monine WÜst verwoed vir my met 'n "Kan jy glo ons sien mekaar hier in Swakop!" Watter toeval, sou graag wou hello sê, maar die lig is toe groen dat hul moes ry! Middagete van regte egte WoermanBrock "brutchen" bd woonstel gehad en weer gery Walvisbaai toe saam mt H vir sy afspraak daar. Ons klomp toe na die Flamink swerms en soutpanne gaan kyk..wat n pragtige gesig om die duisende flaminke so pienk massa te sien! Tot die water is pienk- juis daai alge wat hul inkry wat hul lyfies en vere so pienk maak! Ook toevallig gesien hoe 'n jakkals een arme flaminkie vreet...daar is waarskynlik baie vet jakkalse in daai geweste!! Die duine is nog ongeklim deur ons, want die weer was nie wel daarvoor vandag nie- skaars 12 grade buite met n yswind daarby, so more sal ons hopelik die oggend gaan klouter! Verder geniet ons dit net rustig hier bd woonstel, en die twee niggies ontaard in regte kunstenaresse- hul teken en skets heeltyd die mooiste prente. Weereens besef ons net die Here se groot genade dat ons almal veilig en gesond hierdie wonderlike avontuur kan beleef!

NS: Ek het nou net 'n video opgelaai by Vrydag se post oor Etosha- van die grooooote ou kameelperd wat so mooi water drink!
Walvisbaai se hawe
Jakkals vreet flamink-se-kind
Laatslaap en dvd kyk! Lekker vakansie...

Tuesday, 25 June 2013

Maandag 24 Junie

Ai, vanoggend was dit heerlik om so in die mis op te staan en dis koel buite, sooooveel anders as gister oggend! Eers moes ons die bakkie vol petrol kry, en heel gerus omdat die plek vlg ons kennis wel 'n petrolpomp het...by ontvangs gehoor ons moet afry na so 'n skuur/ou myngebou- daar gekom is 'n vriendelike omie wat ons vertel hy het nie die sleutel vd deur wat die plek waar d petrol is oopsluit nie. 'n Man met die naam Bombas het die sleutel...en Bombas is nie nou hier nie...hy sal vir Bombas bel...maar soos hy sy selfone oor die bring is dit net musiek wat speel en ons weeeeet eintlik goed...daar is GEEN selfoon sein daar nie, soos in GEEN! Dus is Bombas toe te voet gaan haal..hy was al die tyd bo bd ontvangs waar ons moet gaan ontbyt eet.:-))..Ontbyt was bedien in n kamer vol geskryfde mure van almal wat al daar was deur baie jare- so die kinders was baie opgewonde om op die mure hul eie boodskappies en prentjies te kon skryf! Na ontbyt moes ons vroeg id pad val om betyds te wees v h se afspraak by n lodge in Cape Cross- daar waar die bekende groot rob-kolonie broei. Dis so 2 ure se ry suid van Terrace baai, halfpad na Swakopmund waar ons vanaaand slaap en tot Saterdag bly! almal sien ook uit om bietjie langer as een nag op n plek te slaap! Goedgegaan met h se werk, terwyl ons 3 na die museumpie hier was en besluit het om NIE na die robbe te gaan kyk, aangesien jani se ooraktiewe reuksintuig dit dalk nie TE aangenaam sou vind nie! Lekker vroeg op Swakop aangekom, so 3h die middag en maklik die woonstel gevind waar ons almal saam in bly vd week. Dis in die nuwe deel v Swakop, Myl 4- dis hoeveel hierdie dorp al uitgebrei het deur die jare! Dit lyk vir my al hoe meer soos die Stellenbosch van Namibia hier, met al die tipiese duitse styl geboue en ook baie toeriste plekkies.Pragtig- veral die mistigheid wat heeltyd hier hang- soos Jani sê: die dorp is bietjie "dowwerig"...maw die son skyn nie! Sien uit na lekker paar dae hier van toeris-speel en ook duine klim saam met die kids tussen Swakopmund en Walvisbaai.
By die grens van Skedelkus Reservaat-Swakopmund hier kom ons!

Ontbyt by Terrace baai
Ou olie-boor plek langs die pad


Monday, 24 June 2013

Sondag, 23 Junie

 Laasnag was nou een vd warmste nagte in die middel-middel (kortste dag, langste nag) vd winter wat ons nog ooit beleef het- die kids het in net kortmou hempies en onderbroekies geslaap want ons het nie somers nagklere gebring nie! Die kamers waar ons was, het nie aircon nie, net waaiers, so ons kan nie lekker verstaan HOE d toeriste dit in d somer daar uithou nie...want blykbaar word dit hier 45 grade dan! Ook 'n bosluis gisteraand op my gevind wat al gebyt het, so ek dokter nou mar die plek met Bactroban...Oppad na Terrace baai vandag was een van die mooiste paaie wat ek nog gery het, en al die massas Welvitchia plante langs die pad was ook besonders. Lekker verduidelik hoekom hulle "oerplante" genoem word vd kinders, maar volgens Jani lyk hulle net pleinweg dood vir haar! Die mooiste sandsteen berge met verskillende kleure riwwe en toe ons deur die Skedelkus Nasionale Park se grens gaan, raak die wereld ewe skielik sandduine met ystererts in-sulke swart duine! Ongelukkig het H se pa weer 'n pap wiel gehad, maar dis weer gou deur d manne geruil. Ons was middagete veilig hier by die huis wat maar een van 10 huise op hier op Terrace baai is. Henry kon nie wag om op sy af dag bd viswaters te kom nie, en met aas aan die hoek is ons almal hier af na die see wat net 50m vd huis af is. Twee skaamhaaie later en geen grote vir aandete, maar veral die kids het die strand baie geniet en al wat n speletjie is opgemaak, groot skulpe opgetel, self probeer visvang en aas opsit- met die klippe wat so pragtig hier lê wil ek almal saamvat huis toe! Ongerepte wêreld hierdie soos niks ooit gesien...by die ontvangs het hul ons gewaarsku om teen sononder maar binne die huis te kom, want een vd 3 leeus loop elke dag die pad voor ons huis verby,..ook strandwolwe en haienas!!!En ons kon al die spore duidelik id sand sien, siende dat hier skaars mense is-net een ander huisie het mense in... vd Paarl nogal! So dis nou donker buite, en met kinders almal gebad en gebid en gebed, ons net rustig hier wat saamkuier, kan leeu en wolf se kind maar hier verbykom as hulle wil:-o!!!
Visvang..sorry-hengel, op Terrace baai!
 Sonsondergang..Christian met aandete in sy mond-  'n lekker stuk koedoe-biltong!




















Saterdag 22 Junie

Vanoggend eerste ding is ons met fles vol koffie na die watergat, sooo gehoop ons sien d kids se luiperd of haiena, veral oor dit 6h en nog vroeg-lig was, maar net mooie bokke wat kom drink het.Was lekker koud ook, maar gelukkig het ons vd koue Kaap gekom en genoeg warm goed gehad! Toe gaan ontbyt, en gery na die dorp Outjo, daar volgemaak en leeggemaak, en die pad gevat wes na vanaand se bestemming:Twyfelfontein Lodge- dis in die Kaokoveld of Damaraland, soos dit bekendstaan. D lodge is basies tussen niks en nêrens, maar hier geleë omrede die bekende Twyfelfontein rotskuns en ook skaars rivier-olifante wat hier id droëe rivierloop voorkom. Ook baie Italiaanse toeriste wat na hierdie lodge kom, en moet sê, dis pragtig hier! terwyl h weer heel middag besig is md mense, het d kinders geswem, en nee, dis NIE 'n warmwater swembad nie, dis koud! Maar so warm hier, ek skat seker 30 grade of meer, dat hul twee maal geswem het! Die omgewinh hier is baie anders, groot pragtige rooi-bruin klippe wat orals op mekaar gestapel lê, soos Christian sê: die Here het hulle so op mekaar neergesit! Ons het ook die rotskuns hier voor die ontvangs-area baie geniet- die mooiste diere SAN-tekeninge en ook uitgraverings van koedoes, olifante en selfs kinder-handjies en voetjies! Ons het die pragtigste sonsondergang vanaand gesien soos ek lanklaas beleef het, met 'n asemrowende uitsig van die stoep af...sjoe, ek wens H kon alles ook beleef, maar hy mis baie uit hiervan:-( Maar soos hy sê, hy werk lekker, ons moet maar lekker rus en dit geniet:-)Tot more wanneer ons die pad Terracebaai toe vat, darem 'n rusdag vir Henry ook more!
Pas aangekom, warm en dors!
 Swem id middel vd winter!
Voor ons slaapplek vd aand

Vrydag 21 Junie

Dis al Vrydag! Vanoggend is dit net oppak alweer en so gou moontlik ry na die hek by Etosha vir ons groot wild-kyk dag! By Namutoni(eerste kamp) se hek in en net gou n kaart vd paaie in Etosha gaan koop en begin soek en scout vir al die diere! Elkeen id gesin het hul eie gunsteling dier gekies wat hy graag wou sien: Jani 'n luiperd, Christian 'n haiena, ek 'n olifant en Henry 'n leeu! Ons plan is om middagete by die middelste en tweede kamp, Halali, te eet en dan voor die hekke toemaak 5h by ons oornag(3de) kamp- Okakujo te wees. Ai maar was al die diere nie pragtig en regtig volp nie, mooi kameelperd-traffic-jams oor die pad gehad, koedoes, waterbokke, zebra's, valkies, jakkalse en ook die mooi video geneem vd grooooot pappa kamelie wat water drink by n gat...dis so snaaks om te sien hoe die ou sukkel om sy laange bene uitmekaar te kry en sy nog langer nek te buig om die tong tog net bd water te bring...sjame, hul bly mos so skrikkerig om dit te doen! Volgende was die lekker verassing v twee grooooot olifante reg langs d pad- my eerste wens vervul! Na middagete eers pappa se wens gekry- twee leeus 'n ent onder 'n bos wat slaaaaaaaap en net nou en dan hul ore of stert roer...nie baie naby ongelukkig. En tot nou toe nog soek ons d luiperd en haiena...maar toemaar Ch en J, iewers eendag! Die aand by Okakujo was regtig baie lekker: eers net rustig 'n braai aangesit en toe solank watergat oorkant ons huisie toe gestap met kamera en verkyker id hand...en was ons nie verras...8 olifante bd gat!!! Reg hier by ons, net donker geword dus kon ons hul nie mooi afneem, maar wat 'n skouspel het die olifant-gesin ons nie besorg nie! Van speel met die kleintjies(daar was 2tjies), tot tande-kap tussen 2 tiener-fante en drukkies en slurp-gevouery tussen mekaar. Om nie te praat van hoe snaaks dit klink as hul die water opsuig met hul lange slurpe en dan dit afgooi id dorstige kele nie...mens hoor net:sjoooeg soos hul suig en glug-glug-glug soos dit id pens beland! Na ete weer musse en serpe aan en terug watergat toe.. om sowaar 'n renoster daar te kry wat kom drink het! Pragtig om hom ook so van naby onder die lig te kon sien! Toe lekker gaan slaap na hierdie opwindende dag, wat 'n voorreg weereens!
Sesuur oggend bd watergat waar ons die olifante vorige nag gesien het!



By Namutoni